‘n Getroude paartjie doen die volgende belofte aan mekaar:-

Ek belowe om jou lief te hê en nie te verlaat nie. Jou te lei en te beskerm. Om jou te eerbiedig, te koester. Om by jou te bly deur siekte en geshondheid, deur rykomdom en armoede, totdat die dood ons skei.

As die bruid van Christus moet dit ook ons belofte wees aan ons Bruidegom. Sy Woord is eintlik al wat ons het, waarop ons kan staan, glo en vertrou.

Wanneer moeilike tye kom, ‘n teleurstelling of siekte, sal dit veroorsaak dat ons sommer gaan skei van ons eggenote? Getroude paartjies in Christus sal erken dat sulke tye hulle verhouding versterk het.

As moeilike tye kom kan ons in die geloof bid. As jy in geloof bid moet jy standvastig staan sonder aarsel en glo dat jy ontvang het dit wat jy gevra het – dit is geloof!

Wat verwag Jesus van ons?  Kan ons vir genesing bid?

Jes 53:4-5
Tog het Hy ons lyding op Hom geneem, ONS SIEKTES HET HY GEDRA. Oor ons oortredings is Hy deurboor, oor ons sondes is Hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op Hom, DEUR SY WONDE HET DAAR VIR ONS GENESING GEKOM.

Mat 8:17 
sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.

1 Pet 2:24 wat self ons sondes in Sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.

Drie getuies – Jesaja, Mattheus en Petrus – vertel ons nie net dat Jesus sy bloed vergiet het tot vergewing van ons sondes nie, maar dat ons deur Sy wonde genees is.

Mark 16:18
Op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Is dit geestelike of fisiese siekte?

Jes 53:4 
Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra.
siektes = Strong’s H2483 – Hebr: choliy

Dieselfde woord “siekte” word hier gebruik:

Deut 7:15 
Die Here sal elke soort siekte van jou af weghou. Nie een van Egipte se dodelike siektes wat jy maar alte goed ken, sal Hy jou laat tref nie.

Ex 15:26 
Hy het gesê: “Julle moet goed luister na wat Ek, die Here julle God, sê! Julle moet doen wat reg is in my oë, gehoor gee aan my gebooie en alles doen wat Ek vir julle voorskryf. Dan sal Ek geeneen van die siektes waarmee Ek Egipte getref het, oor julle bring nie, want dit is Ek, die Here, wat julle gesond hou.”

HY is ons liggaamlike Geneesheer!

Heb 8:6 
Maar nou het Jesus ‘n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van ‘n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.

As die ou verbond genesing gegee het, hoeveel te meer kan ons vir God vra vir genesing onder ‘n nuwe en beter verbond?

Dus kan ek bid en vra vir genesing en ek kan op Sy Woord vertrou.

Gelowiges bid vir genesing en dan kom die slegte nuus en dit is te laat. Hoe verklaar jy dit? Moenie vra HOEKOM OF WAAROM nie, want ons het nie die antwoorde nie.

In Daniel 3 lees ons die verhaal van 3 Jode, Sadrag, Mesag en Abednego wat geweier het om voor Nebukadnesar se goue beeld neer te buig. Hulle vertroue en geloof van vasgenael aan God.

Dan 3:17-18 
Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. SELFS AS HY DIT NIE DOEN NIE, MOET U WEET DAT ONS U GOD NIE SAL DIEN NIE.

Hab 3:17-19
Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, NOGTANS SAL EK IN DIE HERE JUBEL, SAL EK JUIG IN GOD, MY REDDER. Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. 

Ons geloof moet standvastig staan, AL GENEES HY NIE, SAL EK HOM TOT OP DIE BITTEREINDE VERTROU. Daarna sal ek nie verbitterd of teleurgesteld wees nie want Hy sal my versterk, vertroos en vul met Sy krag en genade want Hy sal my nooit verlaat nie. Dit alles sal ten goede uitwerk want ek het Hom lief! HY IS SOEWEREIN EN SY WIL SAL GESKIED!

Rom 8:28 
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet.

Maar terwyl ons bid, moet ons die kritiese onderskeid tref: alhoewel God ons kan en wil genees, moet ons nooit aanvaar dat Hy moet nie.

Jes 55:8 
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here;

Hy is Soewerein en ons glo dat Sy Wil sal geskied. Maar ons moet ook glo dat Hy vir ons genesing gegee het deur die wonde van Jesus EN ONS KAN HOM VRA IN ABSOLUTE GELOOF VIR GENESING.

The boek van Job is een van die oudste in die Bybel en vra die vraag “hoekom ly die regverdige?”  Ons lyding toets ons geloof in God, maak ons meer soos Christus en bring Hom eer.

Jak 1:3
Die beproewing van julle geloof  lydsaamheid bewerk. – Toets ons geloof.

Soms word ons geloof tot die dood getoets. Ons het al gevalle gesien van gelowiges wat die Here vertrou het vir genesing van ‘n geliefde en na die se afsterwe het van die gelowiges so gegroei dat hulle getuienis miljoene aangeraak het, ander het weggestap van Jesus en toegelaat dat die teleurstelling hulle saligheid wegrokkel.

Heb 11:6
EN SONDER GELOOF IS DIT ONMOONTLIK OM GOD TE BEHAAG; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.

Aan die einde van die dag is dit ons liefde vir Jesus en nie wat ons van Hom kan ontvang nie. Ons dien ‘n God van geloof en ons geloof alleen behaag Hom. Ons dien Hom tenspyte wat ons ervaar want ons wandel in geloof.

Mar 16:15-18
En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Jesus het vir ons ‘n opdrag gegee om die evangelie aan almal te verkondig en hande op die siekes te lê. Neem almal Jesus aan as verlosser en word almal gesond? Nee, maar ons doen wat Hy ons gevra het.

Maar die Woord sê almal sal gesond word?

2 Kor 5:5
WANT ONS LEWE DEUR GELOOF, NIE DEUR SIEN NIE.

Ons moet Sy hele Woord glo van die begin tot die einde, al kan ons nie alles verstaan of verklaar nie want ONS DIEN ‘n GOD VAN GELOOF.