Ons SOEK die hart van God die Vader want ons wil Sy Hart ervaar. Ons wil Sy sensitiewe instrumente wees wat Sy Wil ken en deur Sy Heilige Gees gelei word.

Ons wil na twee aspekte kyk, om die Hart van Christus te ken, en om ons eie hart in die Lig van Christus te ken.

Deel I

Die Hart van God

Ek moet die hart van Christus ken en die medelye wat Hom motiveer. Die evangelies is duidelik daaroor. Jesus het mense liefgehad, allerlei mense. Hy het hulle genees, verlos, van stad tot stad gereis om hulle te onderrig en hulle gevoed wanner hulle honger was. Hy het sy dissipels brood en wyn om die tafel bedien, en Hy het ook hulle voete gewas. Hy het vir hulle gebid en Hy het vissers gehelp om vis te vang. Hy het die kinders geseën, Hy het die dooies opgewek en Hy het nie die prostituut veroordeel nie maar haar aangemoeding tot ‘n rein lewe.

Ek wil presies weet hoe vêr Hy vir mense sou reis, want dit is dieselfde afstand wat Hy weer deur my wil reis! Ek moet Sy gedagtes oor siekte, armoede en menslike lyding ken. As Sy dienskneg is ek nutteloos vir Hom, tensy ek hierdie dinge weet.

As ek Sy Wil, wil doen, moet ek Sy Hart waarlik ken.

My Eie Hart

Soos ek nader aan die Hart van God beweeg, begin die vuur van Sy teenwoordigheid ‘n diep reinigingswerk in my.

Ps 24:3 – 4 
Wie mag die berg van die Here opgaan en wie mag in sy heiligdom gaan staan? Dié een wie se hande rein en wie se hart suiwer is, wat alle bedrog vermy en geen vals eed aflê nie.

Ons kan nie in die heilige plek van God dien as ons harte onrein is nie. Om nader aan God te kom, is om in ‘n oond van waarheid in te loop. Om in die heiligdom te bly, moet ons eerlik wees met onsself.

Fil 3:8-14 
Ja, nog meer: ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde. Ter wille van Hom het ek alles prysgegee en beskou ek dit as verwerplik sodat ek Christus as enigste bate kan verkry, en een met Hom kan wees: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ‘n mens in Hom glo. Al wat ek wens, IS OM CHRISTUS TE KEN, DIE KRAG VAN SY OPSTANDING TE ONDERVIND EN DEEL TE HÊ AAN SY LYDING DEUR AAN HOM GELYK TE WORD IN SY DOOD, in die verwagting dat ek self deel sal hê aan die opstanding uit die dood. Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het. Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.

Paulus kon dit nie beter gestel het nie! Daar is ‘n roeping van God, ‘n hemelse prys wat ons moet najaag, maar tog is ons siel in ons verborge, leef ons in vrees en duisternis. Ons leef in ‘n wêreld van halwe waarhede en illusies, ons twyfel, ons het skuld gevoelens, skaamte en verwerpings wat saam met ons daagliks reis. Ons is omring met die gees van die wêreld wat altyd aan ons trek om saam met die stroom te gaan.

GEBED:

Vader, in the Naam van Jesus vra ek vir U gees van Waarheid. Maak my geestesoë oop sodat ek my eie sonde en foute kan raak sien, dat ek dit kan bely voor U en ware vrymaking kan ervaar. Ek wil meer en meer heilig word soos ek al hoe meer U Vader Liefde kan aanskou en ervaar. Vader niks in hierdie w?reld kan vergelyk met U Skoonheid, U Genade, U Liefde en U Getrouheid aan ons nie. Here ek wil saam met U aan die einde van my lewe, oor die wenstreep hardloop om my hemelse prys uit U Hand te ontvang. In Jesus naam, Amen

Ons soek die hart van God ons Vader want ons wil Sy Hart ervaar. Ons bid en vra dat Sy Koningkryk moet kom en dat Christus Homself vestig as Heerser.  Sy Koningkryk in hierdie dispensasie van die kerk is nie iets wat ons kan sien nie maar wel hoeveel ons Hom toelaat om te regeer in ons harte. Sy Koningkryk is onsigbaar en bly in ons harte.

Ons soek heiligheid, oftewel heiligmaking,  maar ware heiligheid ontstaan in die verborge plek van ons harte.

Deel II

Dit is Waarheid wat tot Heiligmaking Lei

Die doel is om God se hart te ken soos dit in Christus geopenbaar is, en dit is om ons eie harte te ken in die lig van God se genade en die voltooide werk wat aan die kruis gedoen is.

Hos 3:6 
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Ons ken skaars ons wêreld om ons, nog minder ken ons ons eie harte!

Kyk wat s? God se Woord oor die menslike hart:

Jer 17:9
Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?

Ps 139:23-24 
Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ’n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! (1983 vertaling).
Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! (1953 vertaling).

Ek weet dat God ons volledig en volmaak in Christus geskape het. Maar in die eerste drie hoofstukke van Johannes se Openbaring het Jesus nie vir die kerke gesê dat hulle ‘volmaak in Sy Oë’ was nie! Hy het hulle harte aan hulle geopenbaar. Hy het hulle sondes vertel …  En toe sê Hy vir hulle dat hulle moet oorwin. Oorwin is ‘n werkwoord. Dis ‘n daad wat ons elke dag moet beoefen. In ons gebedstyd moet ons altyd die Here vra om ons harte te ondersoek sodat ONS kan sien wat verkeerd is en dit bely.

Ope 2:1-5
Skrywe aan die leraar van die gemeente in Efe: So sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe goue lampe rondgaan: Ek WEET ALLES wat julle doen. Ek ken julle onvermoeide arbeid en julle volharding. Julle kan nie slegte mense verdra nie. Julle het ondersoek ingestel na die mense wat voorgee dat hulle apostels is, en dit nie is nie, en gevind dat hulle leuenaars is. Verder volhard julle ook; julle het baie vir my Naam verduur, en julle het nie moeg geword nie. Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie. Dink daaraan hoe v?r julle al agteruitgegaan het. BEKEER JULLE en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle LAMP VAN SY PLEK AF WEGVAT! 

‘n Lamp wat deur die Bruidegom self geblus sal word. Keer terug na Jesus, met harte wat brand van liefde vir Hom en Hom alleen!

ONS GEBED

Onse Vader, heilig heilig heilig is U Naam. Ons kom na U toe in die Naam van Jesus. Here skyn die Waarheid van U Woord in ons lewens en verhelder ons verstand en geestesoë. Ons bely al ons sondes voor U en laat U koningkryk in ons harte gevestig word. En Here ons vra dat U ons harte aan die brand sal steek met die heilige vuur van U Woord en die Heilige Gees. Wees ons genadig en help ons om U waarlik lief te h? tot die einde toe. In Jesus naam, Amen