Die Gawe van Profesie

Profesie is die eerste van die drie gawes van inspirasie. Dit is ‘n eenvoudige gawe, en word dikwels misverstaan, omdat die term ‘profesie’ algemeen gebruik word.

1 Kor 14:3
Iemand wat profeteer, rig hom tot mense en praat woorde wat geestelik opbou en bemoedig en vertroos.

Geen openbaring word genoem nie.

1 Kor 14:6
Ek sal vir julle net van nut wees as ek ‘n openbaring of kennis of profesie of lering aan julle meedeel.

Volgens bogenoemde skrif word openbaring en profesie geskei omdat die Gawe van Profesie nie enige openbaring bevat nie.

Profesie kan gedefinieer word as die eenvoudigste vorm van geïnspireerde uitspraak. Ons kan dit ‘die poësie van die Gees’ noem, aangesien die gedagtes wat uitgespreek word, en die taal gebruik verhewe is bo die natuurlike gawe van spraak. Daar is ‘n skoonheid van uitdrukking in profesie wat nie vergelyk kan word met gewone spraak nie.

Die Psalms is ‘n pragtige geval van die profetiese gawe en dit word ook gebruik in die Klaagliedere van Jeremia. Moses het dit in ‘n lied gebruik nadat hulle deur die Rooi See getrek het. Hannah het ook geprofeteer na die geboorte van Samuel. Jesaja 12 bevat ‘n lied en daar is die gebed van Habakkuk 3.

Dus kan ons deur die Gawe van Profesie, bid, die Here loof en Hom dank. Dit verskil egter van gewone gebed want profesie het nie oorsprong in die gedagtes van die spreker nie en dit word bonatuurlik gegee deur die Heilige Gees.

Profesieë voeg nie by die Skrif nie. As dit ‘n ander evangelie verkondig of die Skrif weerspreek, dan is dit valse profesieë. Hierdie gawe sal nie eindig voordat ons Christus van aangesig tot aangesig sien nie (1 Kor. 13: 8-13).

Die Gawe van Profesie is bonatuurlik om die gedagtes van God, onder die gesag van God, te verklaar deur die Heilige Gees. 

2 Pet 1:20-21
Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig.

Deut 18:17-22
“Toe het die Here vir my gesê: ‘Wat hulle gesê het, is reg. Ek sal ‘n profeet vir hulle na vore laat kom, een van hulle volksgenote. Hy sal soos jy wees. Ek sal my woorde in sy mond gee, en hy sal vir sy volksgenote alles sê wat Ek hom beveel. Ek sal self rekenskap eis van elkeen wat nie gehoorsaam is aan my woorde wat die profeet in my Naam sê nie ‘n Profeet wat hom dit aanmatig om in my Naam iets te sê wat Ek hom nie beveel het nie, moet sterf. Dit geld ook van ‘n profeet wat in die naam van ander gode praat.’ Wanneer jy jou afvra: Hoe sal ek die woorde kan uitken wat die Here nie met die profeet gepraat het nie? moet jy weet: as ‘n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie.”

Soms is dit die voorspelling van ‘n gebeurtenis of oordeel wat sal plaasvind:

Mat 24:1-2
Toe Jesus van die tempel af weggaan, het sy dissipels nader gekom en sy aandag op die tempelgeboue gevestig. Maar Hy antwoord hulle: “Julle sien al hierdie dinge? Dit verseker Ek julle: Hier sal nie een klip op die ander bly nie; alles sal afgebreek word.”

ander kere is dit ‘n oproep tot bekering:

Luk 13:5
“Nee, sê Ek vir julle, maar as julle julle nie bekeer nie, sal julle net soos hulle ook almal omkom.”

om die kerk te bemoedig en te vertroos:

1 Kor 14:3
Iemand wat profeteer, rig hom tot mense en praat woorde wat geestelik opbou en bemoedig en vertroos.

‘n opdrag om voor te berei op ‘n gegewe situasie:

Han 11:28
Een van hulle, met die naam Agabus, is deur die Gees gelei om te voorspel dat ‘n groot hongersnood die hele wêreld sou tref. Dit het dan ook in die tyd van keiser Claudius gebeur.

‘n boodskap oor die toekomstige bediening van ‘n ander:

Mat 3:1-3
In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesê het: “Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.”

of bevestig die vervulling van ‘n voorafgaande belofte of profesie. (Lukas 2:25-32, Lukas 2:36-37).

Die finale doel van profesie is vir gelowiges en dat ongelowiges deur die waarheid van die profesieë oortuig kan word.

1 Kor 14:24-25
Daarteenoor, as almal profeteer, en daar kom ‘n ongelowige of ‘n buitestaander binne, dan word hy deur almal in sy gewete aangespreek en kom hy tot selfondersoek. Die verborge dinge van sy hart kom aan die lig. En so kom hy daartoe om op sy knieë te val, God te aanbid en openlik te getuig: “Waarlik, God is hier by julle!”

Jon 3:3-5
Toe maak Jona klaar en gaan na Nineve toe soos die Here hom beveel het. Nineve was ‘n baie groot stad: ‘n mens het drie dae gevat om dit deur te stap. Jona het die stad ingegaan en ‘n dag lank daar rondgestap en toe roep hy: “Nog net veertig dae en Nineve word verwoes!” Die mense van Nineve het toe in God geglo en hulle het ‘n dag aangekondig om te vas. Groot en klein het rouklere aangetrek.

Profesie word nie meer gebruik om die koms van Christus aan te kondig nie, want verborgenhede wat deur die eeue versteek was, is nou geopenbaar. Daar sal geen ‘onthulling’ van die ewige plan van God deur profesie meer wees nie.

Heb 1:1-2
In die verlede het God baiekeer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, maar nou, in hierdie laaste dae, het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.

Rom 16:25-26
God is magtig om julle te laat vasstaan ooreenkomstig die evangelie van Jesus Christus wat ek verkondig, en ooreenkomstig die openbaring van die geheimenis. Eeue lank het dit geheim gebly, maar nou is dit geopenbaar. Aan die hand van die geskrifte van die profete en in opdrag van die ewige God is dit aan alle nasies bekend gemaak sodat hulle in God kan glo en aan Hom gehoorsaam kan wees.

Open 22:18
Ek betuig aan almal wat die woorde van hierdie profetiese boek hoor: As iemand iets hieraan byvoeg, sal God vir hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is; Profesie van die verlede het nie outomaties die Skrif geword nie; en geen hedendaagse profesie sal tot die Skrif bydra nie.

Profesie word egter steeds gebruik as ‘n geestelike gawe vir die opbou van die liggaam van Christus:

1 Kor 2:10
Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.

1 Tim 4:14
Moenie die genadegawe wat jy het, verwaarloos nie. Dit is aan jou gegee deur die profesieë toe die raad van ouderlinge jou die hande opgelê het.

1 Kor 14:1
Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om te profeteer.

1 Kor 14:22-25
So is die gebruik van ongewone tale of klanke dan ‘n teken vir ongelowiges en nie vir gelowiges nie. Daarteenoor is die profesie vir gelowiges en nie vir ongelowiges nie. As die hele gemeente dan bymekaar is en almal gebruik ongewone tale of klanke en daar kom buitestaanders of ongelowiges binne, sal hulle nie sê julle is van julle verstand af nie? Daarteenoor, as almal profeteer, en daar kom ‘n ongelowige of ‘n buitestaander binne, dan word hy deur almal in sy gewete aangespreek en kom hy tot selfondersoek. Die verborge dinge van sy hart kom aan die lig. En so kom hy daartoe om op sy knieë te val, God te aanbid en openlik te getuig: “Waarlik, God is hier by julle!”

Han 21:8-11
Die volgende dag het ons vertrek en in Sesarea aangekom. Ons het die evangelis Filippus, een van die sewe , opgesoek en by hom tuis gegaan. Hy het vier ongetroude dogters gehad wat die gawe besit het om te profeteer. Nadat ons reeds ‘n hele paar dae daar was, het daar ‘n profeet met die naam Agabus van Judea af aangekom. Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.”

Die Gawe van Profesie sal nie ophou voordat Christus weer kom en ons Hom van aangesig tot aangesig sien nie:

1 Kor 13:8-12
Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind. Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

Daar is ‘n groot verskil tussen die bediening van die profeet en die Gawe van Profesie. ‘n Profeet is iemand wat die Gawe van Openbaring het; (die Woord van Wysheid, die Woord van Kennis en die Onderskeiding van Geeste). In die eenvoudige Gawe van Profesie is daar geen openbaring nie. ‘n Profeet sal gewoonlik die Gawes van Openbaring ook besit wat sal saamwerk met die Gawe van Profesie. Die beste van die Gawes van Openbaring sal ongetwyfeld die Woord van Wysheid wees.

Moderne voorbeelde:

One Sunday, while preaching, John Piper was encouraging the people of Bethlehem Baptist to be involved in small groups and start evangelistic Bible studies. At one point he said, “You might be working on the 34th floor of the IDS Tower, and maybe you should call your people together to have a small group meeting.” After the service, a woman came up to him and said, “Why did you say that? I work on the 34th floor of the IDS Tower, and I’ve been praying about whether to start a small group.”

John Wimber (1934–1997) once described an experience he had while on a flight from Chicago to New York. Shortly after takeoff, he casually glanced across the aisle and was startled by seeing the word “adultery” in clear letters across the face of the middle-aged businessman seated across from him. The man saw John looking at him oddly and snapped, “What do you want?” As the man spoke, a woman’s name came clearly to John’s mind. So John cautiously said, “Does the name [blank] mean anything to you?” The man went pale (his wife was sitting next to him). The man responded, “We need to talk.”

Meeste Christene glo nie dat die gawes vandag meer beskikbaar is nie. Ander skram weg omdat daar soveel skade deur “valse profete” aangebring word. Ander glo elke woord wat elke Profeet uiter sonder om dit te oordeel volgens Sy Woord. Meeste “Profete” gee vir hulself die titel van ‘n profeet alhoewel dit nie ‘n titel is nie maar ‘n bediening. Sien hier… Hierdie “Profete” sal gewoonlik vra om hul boodskap wyd en syd te verprei via sosiale media asof die Heilige Gees dit benodig. Wat het die Here gedoen voor Whatsup en Epos? Ons glo wel daar is vandag ware gesalfde Profete volgens Sy Woord, maar hulle pronk nie op televisie of die media nie, want hulle is werksaam in die mees verlate uithoeke van die aarde besig om dissipels te maak vir Christus.

1 Joh 4:1
Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is.

1 Thes 5:19-22
Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie. Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles, behou wat goed is, en bly weg van alles wat sleg is.

1 Kor 14:1
Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om te profeteer.