Paulus het die volgende aan ons geskryf:

Heb 2:4
Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders en ook deur allerhande kragtige dade en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens Sy wil.

Wat het hy bedoel met kragdadige dade en gawes van die Heilige Gees?
Is dit vir ons ook bedoel?
Is dit iets wat ons moet nastreef?
Wat is die Gawes van die Heilige Gees?

Joh 16:13-14
Wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei. Wat Hy sal sê, sal nie van Homself kom nie: Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, want wat Hy van My ontvang, sal Hy aan julle verkondig.

Hand 1:8
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

1 Kor 12:7-11
Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ‘n woord van wysheid te praat, aan ‘n ander ‘n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan ‘n ander die gawe om te profeteer, en aan nog ‘n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan ‘n ander om dit uit te lê. Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil.

Die 9 Gawes van die Heilige Gees:

  1. Woord van Wysheid
  2. Woord van Kennis
  3. Onderskeiding van Geeste
  4. Profesie
  5. Tale
  6. Interpretasie van Tale
  7. Genesing
  8. Wonderwerke
  9. Geloof

Die eerste 3 is Gawes van Openbaring, volgende 3 is die Gawes van Motivering  en laaste 3 is die Gawes van Krag.

Wat het van die Gawes geword in die kerk?

I Thes 1:5
Want die evangelie wat ons aan julle verkondig het, het nie bloot met woorde tot julle gekom nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en met volle oortuiging.

2 Tim 3:5
Mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. (1953)
Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af. (1983)
Having a form of godliness, but denying the power thereof: from such turn away. (KJV)

Hiermee ‘n opdrag van Paulus aan jou:

1 Kor 14:12
So moet julle ook, terwyl julle streef na geestelike gawes, probeer om uit te munt tot stigting van die gemeente. (1953)
Dit is ook op julle van toepassing. As julle julle toelê op die gawes van die Gees, streef dan na dié wat tot opbou van die gemeente dien, sodat julle daarin kan uitmunt. (1983)
Even so ye, forasmuch as ye are zealous of spiritual gifts, seek that ye may excel to the edifying of the church. (KJV)

1 Kor 14:1
JAAG die liefde na, en beywer julle met die oog op die geestelike gawes, maar veral om te profeteer. (1953)
Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees, maar veral daarop om te profeteer. (1983)
Follow after charity, and desire spiritual gifts, but rather that ye may prophesy. (KJV)

desire = Strongs G2206 Greek: zeloo meaning: envy, be zealous, desire, covet earnestly.

1 Kor 12:31
Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ’n nog uitnemender weg. (1953)
Lê julle toe op die beste genadegawes. (1983)
But covet earnestly the best gifts: and yet shew I unto you a more excellent way. (KJV)

gifts = Strongs G5486 Greek: charisma meaning: a divine gratuity, a spiritual endowment, miraculous faculty, a gift of grace; a favour which one receives without any merit of his own.

Die Heilige Gees manifesteer homself op nege verskillende en kenmerkende maniere, gegee vir Sy heerlikheid en die verryking van Sy kerk.

1 Kor 14:1
Julle moet die liefde nastreef. Lê julle toe op die gawes van die Gees. (1983)
Pursue love, and DESIRE spiritual gifts. (KJV)

Hierdie is ‘n gebod, ‘n bevel en ‘n opdrag van Paulus. Hoekom? Sodat ons Sy dissipels kan wees.
Ons word vermaan om die beste gawes te begeer; nietemin is dit die voorreg van die Heilige Gees om hulle afsonderlik te verdeel soos Hy wil.

1 Kor 12:11
Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, WAT AAN ELKEEN AFSONDERLIK ‘N GAWE UITDEEL SOOS HY WIL.

Wat nodig is, is ‘n volkome afhanklikheid van God vir die manifestasie van Sy geestelike gawes.

Die belangrikheid van die GAWES VAN DIE HEILIGE GEES in die Kerk van Jesus Christus kan nie oor beklemtoon word nie.

Sonder die gawes ontbreek die kerk die geestelike toerusting vir ‘n aggressiewe konflik met die magte van die duisternis; die kerk is ook ontneem van die opbouende verryking wat die manifestasie en krag van die Heilige Gees bring.

Die Bybel is vol van die bonatuurlike omgang met God en Sy mense. Die ervaring van die wedergeboorte waardeur ons nuwe wesens word in Christus, is bonatuurlik. Christene erken dat die duiwel bonatuurlik is in sy wese, krag en aktiwiteite maar dieselfde Christene is geneig om weg te skram van ‘n bonatuurlike doop in die Heilige Gees, met bonatuurlike tekens wat daarop volg, en die daaropvolgende bonatuurlike gawes.

BELOFTE AAN ONS

Joh 14:12
“Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

Han 1:8
Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.” 

Ons vergeet die erfenis wat in Christus aan ons nagelaat is en ignoreer die GAWES VAN DIE HEILIGE GEES.

1 Kor 12:1
Wat die gawes van die Gees betref, broers, wil ek hê dat JULLE INGELIG MOET WEES.

Die wat meen dat dit nie meer vir vandag is nie, moet onthou wat die apostel Petrus op Pinksterdag gesê het: 

Han 2:39
Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep.”

Daarom, as iemand ‘geroep’ word om ‘n kind van God te wees, deur die geloof in Christus Jesus, is daardie persoon ook ‘n voornemende ontvanger van die GAWES VAN DIE HEILIGE GEES.

Word hierdie gawes ook in die Ou Testament aangetref?

Sewe gawes word in die Ou Testament gevind, maar die ander twee, tale en interpretasie, is vir die kerk dispensasie gegee.

Waarom moes twee by die sewe gevoeg word? 
Die Here het Homself gemanifesteer in die pilaar van wolk vir Israel, en die bonatuurlike bewyse was sigbaar vir almal in die kamp. Vandag is Sy mense verspreid oor die hele wêreld, en hierdie twee gawes is die bewys van Sy bonatuurlike teenwoordigheid in ons lewens.

Wanneer sal tale ophou? 
Dit sal eindig met Sy wederkoms. Op die oomblik sien ons donker deur ‘n glas, maar in die opstanding sal ons van aangesig tot aangesig sien. Dus ons beperkte profesieë, en tale met interpretasie, sal nie meer nodig wees nie.

Hoe meer ons die Gawes van die Heilige Gees bestudeer, hoe meer besef ons dat ons die Gawes baie selde of ooit waarneem in die “kerk” of op televisie.

Jesus sê telkemale na ‘n wonderwerk “gaan en vertel niemand nie”. (Hy is immers ons voorbeeld.) Ons het ‘n lys van redes hoekom dit so geskryf staan. Sou dit nie baie anders wees as Hy gesê het; “gaan en vertel almal, maak seker dit is môre voorbladnuus, kry ‘n televisie span vir ‘n persoonlike onderhoud – en onthou My Naam – Jesus Christus. Want jy moet eer gee waar eer nodig is”.

Ons leer dat die Heilige Gees alleen geestelike gawes aan die kerk uitdeel. Die Heilige Gees verheerlik nie Homself of Sy gawes deur buitensporige vertonings nie, maar al wat Hy doen is om Christus te verheerlik, om Sy werk uit te voer om verlorenes te verlos en op te bou. Die Heilige Gees is Soewerein deur Sy gawes toe te ken vir die vervolmaking van die heiliges.

Maar waar is die Gawes? Dalk is dit daar – waar alle eer aan Hom toekom?

‘n Gelowige bid en vra elke dag vir die Gawes. Eendag stap die gelowige en voel gelei na ‘n sekere roete. Die gelowige hoor iemand skree en kom op ‘n jong man af wat langs die pad sit. Die persoon begin met die jong man te praat en neem waar deur die Heilige Gees, hy is oppad om selfmoord te pleeg (Woord van Kennis). Die persoon begin hom te bemoedig met riglyne, troos en vermaning (Profesie), en voel dat die Here iets spesifiek het vir die jong man. Die persoon deel dit met hom (Woord van Wysheid), bid en lei hom na Christus. Geen tromgeroffel, trompette, ligte en kameras nie. Die gelowige loop weg vol vreugde en geseēnd wetende en dankbaar die Heilige Gees het iets fantasties gedoen. Die jong man loop weg wetende hy het ‘n ontmoeting met Jesus Christus gehad.

Gebed:

Hemelse Vader ek kom voor U troon in die Naam van Jesus.
Ek vra vir die Gawes van die Heilige Gees, gebruik my as U instrument vir die opbou van U Koningkryk.  Ek begeer die beste Gawes wat op die regte tyd sal saak maak, of dit ‘n woord van bemoediging of dalk vir ander genesing is.  Ek sal geen eer van U ontneem nie en weet dat dit slegs die Heilige Gees is wat in en deur my werk volgens U wil. Ek is slegs U dienskneg.
In Jesus Naam, Amen.

Bron van Inligting:
Howard Carter (1891 – 1971) Born in Birmingham. Founder of the Assemblies of God. In World War I, Carter was imprisoned where he received insight into the nine gifts of the Holy Spirit.