Ons weet nou dat gebed sonder ophou en Sy Woord noodsaaklikhede in ons lewe is om ons te versterk, te beskerm en ons te vul met nuwe visie, hoop en vrede.

Tans sien ons soveel planne en programme op ons sosiale media van Christene wat oproepe doen om ‘n plan of program na te volg om ‘n sekere resultaat te verkry (gewoonlik  finansiële oorvloed).

Behalwe gebed en die woord, watter werk kan ons doen wat regtig sal saakmaak?

Jesus het gevas voordat Hy met sy openbare bediening begin het (Luk. 4: 1,2) om geestelike krag te verkry deur vertroue op die Heilige Gees en die Woord van God.

Luk 5: 35 “IN DAARDIE DAE, SAL HULLE VAS.”
Mat 6:16 “AS JULLE VAS” 

Wat is die Christelike vas? 

Om te weerhou van voedsel en drank om vir ‘n periode van geestelike groei te konsentreer. Spesifiek weerhou ons nederig iets van die vlees om God te verheerlik, ons gees te versterk en dieper in ons gebedslewe te gaan. Christelike vas is nie ‘n soort “werk” wat deur Christus beveel word of wat deur die Skrif vereis word nie. Dit beteken egter nie dat vas nie aanbeveel word as deel van ons geestelike groei nie.

Verkeerde motiverings tydens vas:

Regte motiverings vir vas:

Te vinnig val die fokus op die gebrek aan voedsel maar eerder dat ons aan onsself demonstreer dat ons ernstig is oor ons verhouding met Hom.  Die doel van vas is egter om die dinge van hierdie wêreld af te sien en eerder op God te fokus.  Diabete kan dalk nie vas van voedsel nie maar almal kan tydelik iets prysgee vir ‘n spesifieke periode  om op God te konsentreer bv. koffie, suiker, selfoon, televisie ens. Deur die dinge van hierdie wêreld af te sien, kan ons beter op Christus fokus.

Moenie aan almal aankondig dat jy vas nie. Niemand hoef te weet behalwe jou huisgesin nie. Probeer nog steeds jou dagtakies te verrig in die huis sonder om ‘n ekstra las te wees vir die res van jou huisgesin.

Mat 6:16-21
“As julle vas, moet julle nie soos skynheiliges met lang gesigte rondloop nie. Hulle mismaak hulle gesigte sodat die mense kan sien dat hulle vas. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy vas, versorg jou hare en was jou gesig sodat niemand kan sien dat jy vas nie, behalwe jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon. Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” 

Christelike vas is meer as om ons voedsel of iets anders van die vlees te ontken – dit is ‘n opofferende leefstyl voor God. In Jesaja 58 leer ons  wat ‘n ‘ware vas’ is. Dit is nie net ‘n eenmalige daad van nederigheid en verloëning voor God nie, dit is ‘n lewenstyl van dienende bediening aan ander. Hierdie konsep van vas is nie ‘n eendag-ding nie – dit is ‘n lewenstyl van dienskneg wat vir God en  ander leef.

Jes 58:3-11
Hulle vra: “Waarom vas ons, maar U sien dit nie, verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?” Dit is omdat julle op die vasdae doen wat julle wil en die mense wat vir julle werk, nog harder laat werk. Julle vasdae loop uit op twis en rusie, julle dam mekaar met die vuis by. Julle kan nie op hierdie manier vas en dan verwag dat julle gebed verhoor sal word in die hemel nie. Is dit ál wat Ek op ‘n vasdag wil hê: net dat ‘n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos ‘n biesie en in sak en as sit? Noem jy dít ‘n vasdag, ‘n dag waarvan die Here hou? IS DIE VAS WAT EK WIL HÊ, NIE DÍT NIE: OM DIÉ WAT ONREGVERDIG GEVANGE GEHOU WORD, TE BEVRY, OM DIE JUK WAT OP MENSE DRUK, AF TE HAAL, OM VERDRUKTES VRY TE MAAK, OM ELKE JUK TE BREEK? IS DIT NIE DAT JY VIR DIÉ WAT HONGER IS, VAN JOU BROOD GEE NIE, DAT JY AAN DIE ARMES EN DIE DAKLOSES ‘N BLYPLEK GEE NIE, DAT WANNEER JY IEMAND SONDER KLERE SIEN, JY VIR HOM KLERE GEE NIE, DAT JY JOU MEDEMENS NIE AAN SY LOT OORLAAT NIE? Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom. Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie, as jy jou wy aan dié wat honger het, as jy voorsien in die behoeftes van dié wat in nood is, sal die lig vir jou skyn wanneer dit donker is, sal wat vir jou nag is, word soos die helder middag. Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie.

Hoe moet ek vas?

Die probleem met Christene is dat hulle wonderwerke verwag  tydens of na ‘n vas. Vas eerder as ‘n leefwyse, om Sy Aangesig te soek, om meer soos Jesus verander te word sodat jy vervul kan word met Sy wysheid, kennis, liefde en krag. Daarna sal alles in plek val, jou finansies, jou probleme ens.

Vas vir een dag

Eet jou laaste maaltyd bevoorbeeld Saterdagaand en eet weer Sondagaand. Spandeer so veel moontlik tyd in gebed gedurende die Sondag. Drink net water. Jy sal hoofpyn begin kry in die middag as jy ‘n koffiepot is maar dit sal nie so erg wees nie en jy sal oorleef. Doen dit elke week dus 52 dae in die jaar en dan het jy ongeveër 40 dae gevas. (2 maaltye x 52 dae)

Vas vir 3.5 dae

Eet jou laaste maaltyd bevoorbeeld Donderdagaand en eet weer Maandagoggend. Doen dit elke maand en na ‘n jaar het jy ongeveër 40 dae gevas. Drink net Rooibos tee veral in die winter sonder melk en suiker want jou liggaams temperatuur sal val. As jy ‘n koffiepot is, drink een of twee koppies groen tee per dag (sonder melk of suiker). Dit sal die hoofpyne weghou en jy kan fokus op gebed. Drink ‘n probiotic tablet voor die vas en aan die einde drink ‘n glas louwarm water met ‘n lepel heuning en 2 lepels appel asyn voordat jy begin eet. Dat sal mooi na jou ingewande omsien. Moenie afskop met groot maaltye nie en begin net met bietjie vrugte vir ontbyt. Teen die middag behoort jy 100% te wees.

Na ‘n paar jaar se vas sal jy terugkyk en met verbasing die verandering in jou lewe sien en nie glo hoe goed Onse Hemelse Vader is nie.

‘n Gereëlde vas sal jou lewe bonatuurlik verander vir Sy Glorie.