Hoe opereer die Koningryk van God?

Gelykenis van die 10 Maagde

Mat 25:1-12
Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. En vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem. En terwyl die bruidegom talm om te kom, het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak.

Elke Maagd het ‘n lamp gehad. Sonder die lamp kan jy nie in die duisternis jou weg vind nie. Jy sal ook nie die Bruidegom kan sien aankom vir wie jy wag nie. ‘n Lamp het olie nodig om te brand. Die olie is die brandstof waarmee die lamp kan brand. Geen olie, geen brandende lamp! Wat verteenwoordig die olie dan?

Ps 119:105
U Woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad.

Spr 6:23
Want die gebod is ’n lamp en die onderwysing ’n lig en die teregwysinge van die tug ’n weg tot die lewe.

Uit die Skrif sien ons dat die Woord van God ‘n lamp en ‘n lig vir my pad is.

Tien maagde het uitgegaan om hul Bruidegom te ontmoet. Vyf maagde het ekstra olie saamgeneem. Watter soort gesindheid het die 5 getoon deur ekstra olie saam te neem? Hulle het versigtigheid,  vooruit beplanning, en veral ywerheid om voorbereid te wees vir die geleentheid.

Middernag verwys na die einde van hierdie era of eeu. Dit verwys na die wederkoms van Jesus Christus. Die eindtye – laaste dae! Die laaste dae waarin ons nou leef – geestelike duisternis, gevaarlike tye, natuurrampe, ekonomiese ineenstortings en die wegval van gelowiges. 2 Thes 2:3

2 Tim 3:1-5
Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

Die Geroep het uitgegaan! Is jy GEREED?

Mat 25:6-10
En middernag was daar ’n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet! Toe staan al daardie maagde op en maak hulle lampe gereed. En die wat dwaas was, sê aan die verstandiges: Gee vir ons van julle olie, want ons lampe gaan uit. Maar die verstandiges antwoord en sê: Miskien sal daar nie genoeg wees vir ons en vir julle nie. Maar gaan liewer na die verkopers en koop vir julleself. En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit.

Die vraag is: wat het van die dwase maagde geword? Hulle lampe het uitgegaan! Hulle het uit  brandstof, olie, (die Woord), gehardloop en hulle het nie meer lig gehad nie! Middernag (die einde van die eeu) het hulle oorval. Hulle het die wyse maagde gevra om hulle met olie te help. En weereens vertoon die wyse maagde gereedheid en was peraad. Hulle het gesê dat hulle nie kan nie, want hulle het miskien nie genoeg vir hulself nie. Hulle was nie bereid om ‘n risiko te neem wat hul kans om hul Bruidegom te ontmoet, kan vernietig nie. Tog het hulle vir die ander die raad gegee om winkel toe te gaan en te koop. Niemand kan jou help op die einde nie.

En terwyl hulle gaan koop het, kom die Bruidegom, en die wat GEREED was, het saam met Hom ingegaan na die huwelik, en die deur was gesluit.

Toegang geweier! Hoe is dit moontlik?

Mat 25:11-13
Later kom toe die ander maagde ook en sê: Meneer, Meneer, maak vir ons oop! Maar hy antwoord en sê: Voorwaar ek sê vir julle, ek ken julle nie. Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Hoe hartseer dat die dwase maagde nie gereed was nie, hulle het meer olie gaan koop, (die Woord) en het hul lampe gereed gemaak en teruggegaan na die saal, maar die deur was gesluit. Hulle het gesê: Here, Here, maak oop vir ons. Hulle wou nog steeds deel wees van die huweliksfees met hul Bruidegom. Maar die Bruidegom het voorwaardelik geantwoord: Ek sê vir jou, Ek KEN JULLE NIE!

Kom ons kyk na ‘n tweede voorbeeld van – Toegang geweier!

Mat 7:21
Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.

Weereens sien ons dat Christene besig is met Christelike sake, maar hulle het gedink dat hulle Hom ken, maar Hy het hulle nooit geken nie! Wat ‘n jammerte!

Kom ons vat ‘n opsomming van wat in die gedeeltes uitgestaan het:

Die Woord van God en die gees van hierdie eeu

Noudat ons vasgestel het dat die olie (Woord van God) die middelpunt vorm van die gelykenis van die tien maagde, kom ons kyk na die Woord van God.

Joh 1:1
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

Joh 1:14
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.

1 Pet 1:23
want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.

Joh 17:17
Heilig hulle in U waarheid; U woord is die waarheid.

Heb 4:12
Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.

Ope 19:13
En Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.

Die gees van hierdie eeu

Efe 2:1-2
EN julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes, waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk.

Joh 17:15
Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.

Die wêreld het sy eie gees. Dit word die gees van die eeu genoem, of soos die apostel sê, hierdie korrupte atmosfeer die ‘verloop van hierdie wêreld’. Elke tydperk of ‘era’ het sy eie idees, waardes en opinies wat die kultuur van die dag beïnvloed. Dit laat ons geleidelik moreel slaap, tot die punt dat ons aanvaar wat voorheen taboo was, nou aanvaarbaar is. Dit is ‘n satanies geïnspireerde stelsel van nuwe waardes en idees wat ‘n lewenstyl onafhanklik van God aanmoedig.

Politieke korrektheid, valse geloofstelsels (insluitende valse leerstellings in kerkkringe), liberale waardes en die ‘absolute morele’ waardes, vorm alles deel van die ‘gees van die era’. Hierdie gees is ‘n sterk stroom teen die morele waardes wat die Koninkryk van God ons leer. As jy daarteen praat, word jy beskou as ‘n ekstremis, onverdraagsaam en kan selfs beskuldig word van haatspraak.

Kom ons kyk na een vals lering:

Alle paaie lei na die hemel wat die kerk deurdring, en baie Christene (dwase maagde) glo nou hierdie lering. Daar word gesê dat alle ander godsdienste in die wêreld ook na die hemel lei.

Die tweede valse leer; daar is geen hel nie. God is immers ‘n God van liefde, daarom sal Hy nooit iemand daarheen laat gaan nie. Dit is ‘leuens van hierdie eeu hierdie era’ wat deur topverkoper Christen skrywers aan die wêreld en kerk versprei word. Dwase maagde word deur leringe soos hierdie oorrompel omdat hulle dit nie met die Woord van God vergelyk nie; dit is makliker om met die vloei van die tydperk te gaan en om polities korrek te wees.

In Joh 17:15 Bid Jesus dat; “U (die Vader), nie hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.”

Ons is in hierdie wêreld, maar ons is nie van hierdie wêreld nie. Terwyl ons in hierdie wêreld is, is dit maklik om besoedel te word deur die gees van die eeu, want dit is ORALS, selfs tot in die kerk. Maar dit is ons, die wyse maagde, se verantwoordelikheid om onsself skoon te hou van hierdie goddelose gees.

Kol 2:8
Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.

2 Tim 2:15-16
Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ’n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny. Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid.

Die wyse maagde SAL DIE WOORD KEN; hulle sal die Woord van die waarheid met reg verdeel in hul ywerige voorbereiding op Sy koms. Die dwase maagde, vermaak hulleself met onheilspellende en ydele praatjies, wêreldse filosofieë deur die letterkunde en die volgende nuutste treffer boek of tendens.

IS JY WERKLIK GEREED?