Ons fokus op die karakter van Daniël in hoofstuk 6.

Dit het Darius behaag om oor die koninkryk honderd-en-twintig landvoogde aan te stel wat in die hele koninkryk sou wees; en oor hulle drie ministers, van wie Daniël een was, aan wie dié landvoogde rekenskap moes gee, sodat die koning nie sou skade ly nie. Toe het hierdie Daniël bo die ministers en die landvoogde uitgemunt, omdat ’n “voortreflike gees” in hom was; daarom was die koning van plan om hom oor die hele koninkryk aan te stel. Wat ‘n pragtige getuienis, ‘n voortreflike gees was in hom!

Maar jaloesie het in die hart van die ander goewerneurs ingekruip en hulle het besluit om ‘n klag teen Daniël te lê.  Die ministers en landvoogde het toe ‘n rede gesoek teen Daniël met betrekking tot die regering.  Maar raai wat? –  hulle kon geen enkele grond vir ’n aanklag of verkeerde handeling vind nie, omdat hy getrou was en geen nalatigheid of verkeerde handeling by hom te vinde was nie. Wat ‘n pragtige getuienis!  Daarop het dié manne gesê: Ons sal teen hierdie Daniël geen enkele grond vir ’n aanklag vind nie, tensy ons dit teen hom vind in sy godsdiens.

Die bose skemas en strategie van die vyand word nou vertoon: 

Al die ministers van die koninkryk, die bevelhebbers en die landvoogde, die raadsmanne en die goewerneurs het beraadslaag dat die koning ’n dekreet moet uitvaardig en ’n verbod bekragtig dat elkeen wat gedurende dertig dae ’n versoek rig aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi sal word. Hulle het ‘n beroep op koning Darius se ego gedoen deur hom te loof en te prys, en so die koning gekry om die dekreet en verbod te onderteken.

En net toe Daniël verneem dat die dekreet geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ’n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het. Geen intimidasie deur sy kollegas of beleid van politieke korrektheid het verhinder dat Daniël sy knieë voor sy God buig nie. Voor ‘n oop venster wat uitkyk in die rigting van Jerusalem het Daniël onbeskaamd sy God aanbid. Wat ‘n pragtige getuienis!

Groot was die opgewondenheid by die manne toe hulle Daniël sien bid en voor sy God om genade smeek. Hulle vra toe die Koning, het u nie ’n dekreet geskrywe dat elkeen wat gedurende dertig dae ’n versoek doen aan enige god of mens behalwe aan u, o koning, in die leeukuil gegooi moet word nie? Die koning het geantwoord en gesê: Die saak staan vas volgens onherroeplike wet van Mediërs en Perse. Toe vertel hulle, Daniël, een van die Joodse ballinge, het hom aan u, o koning, en aan u verbod wat u geskrywe het, nie gesteur nie, maar drie maal op ’n dag doen hy sy gebed.

Toe die koning die woord hoor, het dit hom baie mishaag, en hy het planne beraam om Daniël te verlos, ja, tot sonsondergang het hy moeite gedoen om hom te red. Daarop het die manne die koning bestorm en aan die koning gesê: Weet, o koning, dat dit ’n wet van Mediërs en Perse is dat elke dekreet of verordening wat die koning vasgestel het, nie verander mag word nie. Min het hulle geweet dat hulle met hul gesinne binnekort sal vergaan deur hierdie wet wat hulle so vaardig vir iemand anders uitgewerk het.

Toe het die koning bevel gegee, en hulle het Daniël gebring en in die leeukuil gegooi. Die koning het begin spreek en vir Daniël gesê: Mag jou God wat jy gedurigdeur vereer, jou verlos! En ’n klip is gebring en op die opening van die kuil gelê, en die koning het dit met sy ring en met die ring van sy maghebbers verseël, sodat niks anders met Daniël sou gebeur nie. Toe het die koning na sy paleis gegaan en ‘n slaaplose nag deurgebring. Hy het niks geëet of gedrink nie en geen vroue voor hom laat kom nie. Weereens, nog ‘n pragtige getuienis! Die heidense koning toon berou vir ‘n slegte besluit en vas en bid nou vir Daniël se verlossing.

Die Lewende God van Daniël word nou vertoon:

Daarop het die koning die môre vroeg toe dit lig word, opgestaan en haastig na die leeukuil gegaan. Hierdie heidense koning het geloof gehad! En toe hy nader kom na die leeukuil, het hy angstig na Daniël geroep; “Daniël, kneg van die lewende God, was jou God wat jy gedurigdeur vereer, in staat om jou van die leeus te verlos?”

Toe het Daniël met die koning gespreek: Mag die koning vir ewig lewe! My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is en ek ook teen u, o koning, geen onreg gedoen het nie. Toe het die koning baie bly geword en bevel gegee om Daniël uit die kuil op te trek. So is Daniël dan uit die kuil opgetrek sonder dat daar ’n letsel aan hom gevind is, omdat hy op sy God vertrou het. Wat ‘n pragtige getuienis!

En die koning het bevel gegee, en hulle het daardie manne gebring wat Daniël aangekla het, en hulle, hulle kinders en hulle vroue in die leeukuil gegooi; en hulle het nog nie die bodem van die kuil bereik nie of die leeus het hulle oorweldig en al hulle bene vermorsel.

Toe het koning Daríus aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees! Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe. En hierdie Daniël was voorspoedig onder die regering van Daríus en onder die regering van Kores, die Pers. Wat ‘n ongelooflike getuienis was die lewe van hierdie man Daniël! Mag ons sy voorbeeld najaag.

Watter eienskappe het Daniël van sy kollegas en eweknieë laat uitstaan: