Efe 4:11-12
En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.
Hierdie is bedienings gawes, die Here se diensknegte wat Hy aan sy Kerk gee, en hierdie diensknegte benodig ook die gawes van die Gees. Die Heilige Gees gee Sy manifestasies aan hierdie diensknegte om hul toe te rus vir die werk waartoe hulle geroep is vir die opbou van Sy kerk.
1 Kor 12:4-11
Daar is ‘n verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees wat dit gee; daar is ‘n verskeidenheid van bedieninge, maar dit is dieselfde Here wat die opdrag gee; daar is ‘n verskeidenheid van kragtige werkinge, maar dit is dieselfde God wat alles in almal tot stand bring. Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ‘n woord van wysheid te praat, aan ‘n ander ‘n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees. Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan ‘n ander die gawe om te profeteer, en aan nog ‘n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan ‘n ander om dit uit te lê. Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil.
Let wel hier meng Paulus die Biedieningsgawes saam met die Gawes van die Heilige Gees.
Die Gawes van die Heilige Gees is egter vir almal beskikbaar in die liggaam van Christus want almal is geroep om dissipels van Christus te wees en ons opdrag is, om dissipels vir Jesus te maak.
Daar is tans 2 kampe in die wêreld:
“Cessationism versus Continuationism”
“Cessationism”
Hierdie groep glo die gawes (Gawes van die Heilige Gees en sekere Bedieningsgawes – Apostels en Profete) het opgehou met die oorspronklike 12 Apostels. Volgens hulle was die Apostels net diegene wat Jesus fisies gesien het en Paulus het in 1 Kor 13:8 geskryf dat die gawes sal ophou. Die gawes sal wel ophou met die Wederkoms van Christus (dan is dit onnodig) maar liefde sal nooit ophou nie! Daar was wel veel meer as 12 Apostels:
https://bmarkanderson.com/how-many-apostles-in-the-new-testament-12-or-25/
Hulle glo soos volg:
Ons leer dat die Gawes tydelik in die apostoliese era gegee is met die doel om die egtheid van die boodskap van die apostels te bevestig. Met die openbaring van die Nuwe Testament, word die Skrif die enigste maatstaf vir die egtheid van die boodskap, en die bevestiging van gawes is nie meer nodig om die boodskap te bekragtig nie. Ons leer dat die gawes – genesing, spreek in tale, interpretasie en wonderwerke – geleidelik opgehou is nadat die Nuwe-Testamentiese Skrif (kanon) voltooi is.
“Continuationism”
Wat sê die Woord van Apostels en Profete?
- Die Bybel maak nooit ‘n stelling wat duidelik sê: “na die apostoliese era sal die gawe van die apostel en die profeet ophou nie”
- Die Bybel maak nooit ‘n duidelike verklaring: “die gawes van die apostel en profeet is slegs nodig totdat die kanon (boeke ingesluit in die Woord van God) voltooi is.”
- Die Bybel sê wel, in 1 Kor 13; dat tale, profesie en kennis sal voortduur totdat “die volmaakte gekom het”. (Sy wederkoms).
- Die Bybel sê nie dat iemand wat ‘n apostel of ‘n profeet is en onder leiding van die Heilige Gees spreek, bydra tot die Skrif nie.
Die feit dat hierdie bedieningsgawes voortduur, beteken nie dat die “kanon” nie gesluit is nie.
Daar was profete soos Agabus en die dogters van Filippus, wie se profesieë nie deel is van die Skrif nie. Daar is geskrifte van die apostels, soos die brief van Paulus aan die kerk in Laodicea, wat nie deel van die Skrif is nie. Die feit is dat alle profesieë beoordeel moet word, 1 Kor 14.
Profesieë moet beoordeel word volgens die Woord van God en moet genadeloos volgens die Skrif gemeet word.
Die gawes gaan voort. Maar die kanon is voltooi. Al die leer en praktyk van die kerk is klaar neergelê.
Die skade aan hierdie bedieningsgawes word aangebring deur geestelike dwaalleëringe wat dikwels gepaard gaan met diegene wat beweer dat hulle apostels en profete is. Voorbeelde hiervan is die “Nuwe Apostoliese Hervorming” (New Apostle Reformation – NAR theology), en valse “charismatiese” predikers.
Die APOSTEL
Apostolos beteken eenvoudig “‘n boodskapper, ‘n gesant, ‘n afgevaardigde, een wat deur ‘n ander opdrag gegee is om hom te verteenwoordig”. Apostels is diegene wat uitgestuur word om die evangelie te verkondig, kerke te plant en om by te dra tot die gesondheid en leierskap van die wêreldwye kerk. (Rom. 10: 14-15) In moderne terme sou ons hulle sendelinge en kerkplanters noem.
Die PROFEET
Sien Gawes van die Heilige Gees V – Profesie
Ons glo die gawes het nooit opgehou nie en dat ons wel geskiedkundige bewys het dat die gawes in die eerste paar honderd jaar na die afsterwe van die oorspronklike 12 Apostels aktief was:
https://earlychurch.org.uk/pdf/ejt/signs_scotland.pdf
1 Kor 13:8-12
Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik, maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees. Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind. Maar noudat ek ‘n man is, is ek klaar met die dinge van ‘n kind. Nou kyk ons nog in ‘n dowwe spieël en sien ‘n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken. = WEDERKOMS!
By die wederkoms van Christus is profesie nie meer nodig nie want tans kyk ons in ‘n dowwe spieël en profeteer net gedeeltelik.
2 Kor 12:12
Die dinge wat ‘n apostel kenmerk, het ek met groot geduld by julle verrig: tekens en wonders en kragtige dade.
Efe 4:11-13
En dít is die “gawes” wat Hy “gegee het”: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.
Is Sy kerk alreeds ‘n volgroeide mens, volmaak en volwasse en het nie meer die gawes nodig nie?
Wat gebeur vandag in die kerk?
Die “seeker-sensitive movement” het sowat 20 jaar gelede in Suid Afrika posgevat nadat die mees invloedryke predikers Amerika toe gestuur was om van Willow Creek te gaan leer. Kerkgeboue het verander na moderne auditoriums met gekleurde ligte en rook masjiene met die beste klank en produksie toerusting. Die boodskap was verander om dit meer toeganklik te maak vir diegene wat nie kerk gewoond is nie want ons wil hulle nie aanstoot gee nie. Die kerk is dus aangepas sodat ongelowiges uitgenooi kan word en hulle nie ongemaklik in die kerk sal voel nie. Die kerke sal nie eers erken dat hulle in die Gawes van die Heilige Gees glo op hulle webwerwe nie. Dus het ons stadig maar seker die Krag van die Heilige Gees begin verloor.
Bedienings en Titels
Die waarheid is dat Paulus nooit verwys het na sy bedienings kollegas met titels nie. Hy praat nooit van ‘Apostel Titus’ of ‘Biskop Petrus’ nie. Hy het bloot met hul voorname na hulle verwys: Timoteus, Lukas, Euodia, Priscilla of Sylvanus.
Mat 23:1-12
Toe het Jesus die menigte en sy dissipels toegespreek en gesê: “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk. Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sê nie. Hulle bind swaar en ondraaglike laste saam en sit dit op die mense se skouers, maar self wil hulle nie ‘n vinger verroer om dit te dra nie. Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi’ aangespreek te word. “Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers. Moet niemand hier op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel. Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus. “Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.”
Jesus verbied Sy volgelinge om titels te gee of te ontvang.
Jesus ontken nie die funksionele verskille en rolle binne die kerk nie; Hy stel ook nie voor dat dit verkeerd is om ‘n biologiese ouer as ‘vader’ te noem nie. Inteendeel, Hy verbied die gebruik van selfverheffende en eerbiedige titels onder diegene wat gekies het om Christus te volg. Alhoewel die toekenning van eerbare titels die weg van die wêreld kan wees, is dit nie die weg wat Christus ons geroep het om Hom te volg nie.
Die moderne reeks kerklike titels wat die name van Christelike leiers vergesel – eerwaarde, aartsbiskop, dominee, kardinaal, pastoor, pous – ontbreek heeltemal in die Nuwe Testament. Alhoewel beide die Grieke en die Jode ‘n magdom titels vir hul politieke en godsdienstige leiers gebruik het om hul mag en gesag uit te spreek, het die vroeë Christene sulke titels vermy. Die vroeë Christene het algemene en funksionele terme gebruik om hulself en hul verhoudings te beskryf. Sommige van hierdie terme is ‘broer’, ‘geliefde’, ‘medewerker’, ‘arbeider’, ‘slaaf’, ‘dienaar’, ‘gevangene’ en ‘mede-kryger’. Natuurlik was daar profete, apostels, evangeliste, ouderlinge en diakens in die eerste kerke, maar dit is nie as formele titels vir individue gebruik nie. Alle Christene is heiliges, maar daar was geen ‘Saint John’ nie. Almal is priesters, maar daar was geen ‘priester Filippus’ nie.
‘n Argument wat gebruik word om titels te regverdig, is dat dit ‘n manier is om respek teenoor kerkleiers te toon. Die vroeë Christene kon egter steeds hul respek toon sonder om spesiale titels te gebruik:
1 Thes 5:12-13
Broers, ons vra julle: Erken die mense wat so hard onder julle werk en julle in opdrag van die Here lei en teregwys. Betoon in liefde die hoogste agting aan hulle ter wille van hulle werk. Leef in vrede met mekaar.
Fil 2:25,29
Ek ag dit noodsaaklik om die broer Epafroditos, my medewerker en medestryder wat deur julle hierheen gestuur is om my in my omstandighede by te staan, na julle toe terug te stuur… Ontvang hom met oop arms as ‘n broer in die Here, en bejeën manne soos hy met agting.
1 Tim 5:17
Die ouderlinge wat goeie leiding gee, behoort dubbele erkenning te kry, veral dié wat hard werk deur te preek en onderrig te gee.
Die apostels van Christus gebruik nie-amptelike terme wanneer hulle hulself of ander beskryf sonder eerbare titels:
- Hand 15:23 – “Die apostels en die ouderlinge, julle broers.”
- 1 Kor 4:1 – “So moet julle ons dan sien: ons is dienaars van Christus en bestuurders aan wie die geheimenisse van God toevertrou is.”
- Efe 3:8 – “Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is”
- 1 Thes 3:2 – “Ons het vir Timoteus, ons broer en medewerker in diens van God, wat saam met ons die evangelie van Christus verkondig”
- 1 Pet 5:1 – “As mede-ouderling en getuie van die lyding van Christus en ook deelgenoot aan die heerlikheid wat geopenbaar sal word, dring ek by die ouderlinge onder julle daarop aan”
- 2 Pet 3:15 – “So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe.”
- Open 1:9 – “Ek, Johannes, is julle medegelowige…”
Moet ons dan nie ook ag slaan op hierdie praktyk van die apostels nie?
Fil 3:17
Wees my navolgers, broers, en let op die mense wat lewe volgens die voorbeeld wat ons vir julle stel.
Dit is belangrik om te beklemtoon dat terme soos ‘ouderling’ en ‘pastoor’ funksionele terme is en nooit bedoel was om as formele titels te dien nie. Met ander woorde, die terminologie is beskrywend van ‘n mens se taak; dit help om ‘n funksie van ‘n kerkleier te vorm of kan selfs ‘n mens se geestelike volwassenheid aandui, soos in die term “ouderling”.
Rom 12:3
Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het.
Let wel dat elke gelowige ‘n predikant en priester is voor God met gesag om die bedieningswerk te verrig.
1 Kor 14:26
Hoe moet dit dan wees, broers? Elke keer as julle bymekaarkom, het elkeen gewoonlik ‘n bydrae om te lewer: ‘n psalm, ‘n onderwysing, ‘n openbaring, ‘n ongewone taal of klank, ‘n uitleg daarvan. Sorg dan dat alles tot opbou van die gemeente verloop.
1 Pet 2:5
Laat julle as lewende stene opbou tot ‘n geestelike huis, om ‘n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.
Open 1:5-6
…Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons Sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader.
Geestelike meerdigwaardigheid en gesag benadeel en verswak die liggaam van Christus. Dit verdeel die Christelike broederskap en verhinder gelowiges om soos die predikers op te tree; dit verberg die gawes van die gemeente en dit verhoog die trots van kerkleiers deur spesiale titels en voorregte aan hulle toe te ken. Alhoewel daar bedieningsgawes gegee is, praat die Nuwe Testament eenvoudig nie van twee klasse Christene nie – ‘predikante’ en ‘leke’ – soos ons dit tans doen nie.